

ADVERTISEMENT:

The Stickers-span wat die hokkietoernooi gewen het op Vrydag, 31 Oktober, tydens vanjaar se Lekker LTT-toernooi by Louis Trichardt Rugbyklub. Voor, van links na regs is Julius Kemp en AC Geldenhuys. Agter is Anrich Leeb, Gerhardus Fourie, Desiré van der Walt, Natasja Hartzenberg, Des Vermaas en Geraldine Leeb. Foto verskaf.
Date: 06 November 2025 By: Karla van Zyl
Lekker LTT het die afgelope naweek weereens vir opwinding op die hokkie-, rugby- en netbalvelde gesorg by Louis Trichardt Rugbyklub se terrein.
Die toernooi het Vrydagaand om 18:00 afgeskop, met die hokkiespelers wat in wedstryde van 15 minute elk kragte gemeet het. Die wenners van die hokkietoernooi was The Stickers wat Triegie Trouble met 2–1 geklop het.
Op die rugbyveld het JBC Metal Works die finaal met 3 doele teenoor 2 teen SPB Killer Wolves gewen. Op die netbalbaan het die toernooi se finaal tussen NTT Toyota Louis Trichardt en The Cookie Monsters plaasgevind, met NTT Toyota wat met 12–2 die oorwinning behaal het. Die rugby- en netbalwedstryde het op Saterdag, 1 November, plaasgevind.
Viewed: 1116

Karla van Zyl joined the newspaper team in February 2021 as a junior intern.




