

ADVERTISEMENT:

Afgeneem is die Limpopo-span wat beide deelnemers van Laerskool Louis Trichardt en die CVO Zoutpansberg ingesluit het tydens die afgelope naweek se finaal van die XCO-skoleliga vir laerskole. Foto verskaf.
Date: 16 October 2025 By: Karla van Zyl
Louis Trichardt se jong fietsryers het die afgelope naweek aan die finaal van die interprovinsiale XCO-bergfietsliga vir laerskole deelgeneem wat by die Merensky Landbou Akademie buite Tzaneen aangebied is.
Laerskool Louis Trichardt het 'n algehele negende plek behaal tydens Saterdag se wedrenne vir laerskole, met die Limpopo Provinsie wat algeheel vyfde geëindig het tydens Sondag se provinsiale wedrenne.
Wat Louis Trichardt se individuele prestasie op provinsiale vlak Sondag betref, het Drian de Swart algeheel 25ste geëindig in die sub-junior o.13-afdeling vir seuns, met spanmaat Timothy Thompson in die 34ste plek. In die sub-junior o.13-afdeling vir meisies het Mia Venter ’n uitstekende agtste plek losgetrap.
Mauritz Meiring het ’n derde plek losgetrap in die Sprog-afdeling vir seuns o.12, terwyl spanmaat Christopher Swart 15de geëindig het. In die Sprog-afdeling vir o.12 meisies het Lihané Meiring 37ste geëindig, terwyl Luan Smit 21ste was in die Sprog-afdeling vir seuns o.11.
In die Nipper-afdeling vir seuns o.9 het Gunther Joubert ’n puik derde plek verower, met spanmaat AJ Moulder wat 26ste geëindig het. In die Nipper-afdeling vir meisies o.9 het Diané Griesel 11de geëindig, terwyl Nirieke Meiring 29ste plek behaal het.
Viewed: 1633

Karla van Zyl joined the newspaper team in February 2021 as a junior intern.




