

ADVERTISEMENT:

In die foto is Hoërskool Louis Trichardt se span wat aan die finaal van die Cycle Lab Nasionale Kampioenskappe by Hoërskool Piet Retief in Mpumalanga deelgeneem het. Voor (van links na regs) is Danaé Schuch, Liané Smit, Cara Bruce, Mikeila Scheepers en Kristen Thompson. Agter staan Angelique Steyn, Chrizette Odendaal, Peroux du Preez, André van Ree, Salem Signer, Amelia Scheepers en Aiden Bruce. Foto verskaf.
Date: 09 October 2025 By: Karla van Zyl
Hoërskool Louis Trichardt het 'n algehele sewende plek behaal by vanjaar se Cycle Lab Nasionale XCO-bergfietsrykampioenskappe wat die afgelope naweek by Hoërskool Piet Retief in Mpumalanga aangebied is.
In die junior seuns o.18-afdeling het Triegies se Salem Signer algeheel 27ste geëindig in die land, terwyl Amelia Scheepers 'n 18de plek in die junior meisies o.18-afdeling behaal het.
In die Youth o.16-seunsafdeling het André van Ree 28ste geëindig, met Peroux du Preez wat 'n 55ste plek behaal het. Eli Signer het ’n puik sesde plek ingeneem in die Youth o.15-seunsafdeling.
In die Youth o.16-meisies het Chrizette Odendaal 28ste geëindig, met Danaé Schuch wat 'n 33ste plek behaal het. In die Youth o.15-meisiesafdeling het Cara Bruce 33ste geëindig, gevolg deur spanmaats Mikeila Scheepers in 36ste plek en Liané Smit in 38ste plek.
In die sub-junior seuns o.14-afdeling het Aiden Bruce 49ste geëindig, terwyl Angelique Steyn 30ste en Kristen Thompson ’n uitstekende vierde plek behaal het in die sub-junior meisies o.14-afdeling.
Limpopo het algeheel sesde geëindig op die punteleer.
Viewed: 2339

Karla van Zyl joined the newspaper team in February 2021 as a junior intern.




